Jan-Mattys van Lill

Jan-Mattys van Lill is ‘n sanger/kitaarspeler van die Weste van Johannesburg wat op die ouderdom van ses begin sing het.

Jan-Mattys het al vele sangkompetisies gewen tydens sy musiekloopbaan, waarvan die mees uitsonderlike die internasionale sangkampioenskappe was in 2009, waar hy Suid-Afrika verteenwoordig het in Los Angeles.

Hy het al vele optredes as ’n solo-sanger gedoen en was ook deel van baie musiekprojekte, onder andere ‘Matt Martin’ en ‘Ons Vir Jou’.

Jan-Mattys is tans ‘n sangonderwyser en het onlangs sy eie musiekskool, JM Music Academy.

SJ van Dyk

SJ van Dyk is ‘n 24-jarige multi-instrumentalis met ‘n Mynbou-Inginieurswese graad.

SJ het in verskeie orkeste as tromspeler gespeel, onder andere Mars Riot en VanderDWyk, met eersgenoemde wat in 2012 ‘n tweedeplek verwerf het in MK se landswye “Battle of the bands”, Rockspaaider.  SJ is ook deel van die tromgroed “1stProject” waar hy al twee internasionale toere bygewoon het. Hy speel ook tromme by verskeie kerke en glo dat dit belangrik is om terug te ploeg aan die gemeenskap. As liedjieskrywer, het SJ ook al heelwat liedjies deur sy pen laat vloei.

SJ is ook betrokke by sy eie solo projek: “SJ van Dyk”en beoog om van beide sy musiek- en werksloopbaan , ‘n sukses te maak,terwyl hy eerlike en sielsvervullende lirieke met mense deel. ‘Musikante skryf nie musiek om net geluister te word nie. Eerder vir mense om aanklank te vind met stories en ervarings wat lewens kan verander.’

Martin Clifford Earle

Martin Earle is ‘n 26- jarige kitaaronderwyser wat sy passie vir musiek vroeg as tiener ontdek het toe hy vir die eerste keer ‘n kitaar opgetel het.

Martin het sy tersiêre onderrig ontvang by die Universiteit van Johannesburg, waarna hy besluit het om die boeke neer te sit en sy droom as musikant te volg en vir twee jaar musiek te studeer by COPA (Campus of Preforming Arts).

Martin het ook as professionele musikant in Dubai gespeel waarna hy teruggekeer het Suid-Afrika toe om ’n kitaaronderwyser te word.

Martin is ’n tans ’n musiekonderwyser by Swallow 15 Music School en studeer deeltyds BCom BemarkingBestuur deur UNISA. Martin was al deel van vele musiekprojekte en beoog om musiek te maak vir die res van sy lewe.